hemel & see boeke 


BRIEWE VAN UYS KRIGE

Peet van Aardt                         

ISBN: 978-0-620-46926-5     

R220,00








Hierdie "inperking” het sy voordele, omdat só ’n sekere eenheid verkry word, maar in die geval van Krige het dit ook sy nadele.

Wat, vra ’n mens jou af, word nou van die briewe wat buite Van Aardt se tydraamwerk val? Ek dink     in die besonder aan ’n pragtige brief wat Krige aan Charles Eglington geskryf het; ’n oorwoë manifes wat ’n aanduiding is van wat ’n mens, briefgewys, van die ouer Uys Krige kan verwag.

Hoe reageer ek vandag op die woordevloed van die jong Uys Krige? Ek stem nog vol kome saam met myself wan neer dit by uitsprake oor die leerjongenskap van Krige kom, en besef al hoe meer dat Krige se driepuntplan aan jong skrywers die vrug van sy eie praktyk was, destyds in Frankryk en Spanje.

Uys Krige se plan lui só: Ken die meesters; hou jou wapens blink; en vind jou eie stem.

Na aanleiding van hierdie driepuntplan, met Van Aardt se bloem lesing naas my, enkele opmerkings. ’n Skrywer kan ook te gulsig by die fonteine van die wêreld letterkunde drink, iets waarvan Krige hom terdeë bewus was.

 

 

Op bl.269 sê hy in ’n brief aan Bokkie: "En wat my mismoedig maak, is juis hierdie huidige onbevoegdheid van my om ’n helder en vlot, vloeiende Afri kaans te skrywe. Dis of die tale wat ek ken my in die war bring, my heldersiendheid ver troebel, my die tong verlam, en my taal laat hakkel.”

 

Die helderheid en vloeiendheid waarvan Krige gedroom het, het wél gekom, in haas foutlose prosastukke soos "Die Carbonari”, "Eggo” en "Dood van die Zoeloe”, maar bowenal in sy vertaling van King Lear van Shakespeare, wat miskien Krige se grootste enkele nalatenskap aan Afrikaans is. Maar in hierdie verowering is duur betaal.

Die eerste helfte van Briewe van Uys Krige uit Frankryk en Spanje toon die moeisame pad waarmee

Krige tot stilistiese wasdom gekom het.

 

Hier is sy prosa dikwels nog hakkelend en stuntelig, die Engelse sintaksis dikwels nog voelbaar, terwyl Krige se einde lose spel met semi-toutologieë ver swarend inwerk op sy mededeling.

Vir my is die grootste wins van die huidige briewebundel iets waaraan ek vroeër nie genoeg aandag gegee het nie, en dit is die politieke integriteit van Uys Krige.

 

Hy wou as eerbare man sterf, sê hy iewers, iemand wat nie stilgebly het toe hy kwaad om hom gesien het nie. Hy het sy groot tyd genote verkwalik dat hulle nie die op komende boosheid van Naziisme kon of wou raaksien nie. (Selfs die jong Louw-broers was tydelik verblind deur Naziïsme.)

Ek waardeer nog altyd die die poësie in Die dieper reg van N.P. Van Wyk Louw, maar kan my nie meer met die ideologie van dié Nasionale geleent heidstuk vereenselwig nie. Krige se pleidooi vir universele broeder skap in die innige vers "Vergesig”, hierteenoor, het niks van sy geldigheid prys¬gegee nie. Dis nie gebonde aan tyd nie, maar aan ewigheid.

Ironies is dit nie sereniteit wat hierdie leser die sterkste bybly na aanleiding van Krige se oeuvre nie, maar sy aanklagte teen oorlog en sy klaagsange oor die dood.

Daar is die fel gedig "Lied van die Fascistiese bomwerpers”; die manjifieke oorlogsverhaal "Dood van die Zoeloe”; en die novelle The Dream.

Nou ontstaan ’n tergende vraag: Bestaan daar nie dalk briewe van hom wat sy groot en elegiese temas eggo nie? Hy het immers enduit ’n gedrewe korrespondent gebly.

 

Uys Krige

Uys Krige en Emilia, die Spaanse meisie op wie hy verlief geraak het.

 

n Skrywer se briewe is die paspoort tot sy persoonlikheid. Dit is immers in sy briewe waar hy homself spontaan en sonder verweer kan oopstel

 

Daarby openbaar (skrywers) in die briewe veel meer oor hul ware gevoelens as wat uit hul gepubliseerde werk blyk. In ’n brief waak ’n skrywer nie altyd oor sy woord nie, hy verraai en verklap geheime en intimiteite, en sy voor- en afkeure word feller oorgedra as wat hy dit in die openbaar sou doen. Omdat hy hom op ’n enkele leser rig met wie hy goed vertroud is, kan die skrywer hom in ’n brief die luukse van ’n sekere loslippigheid veroorloof.


 

Uys Krige op die strand in Nice

Uys Krige op die strand in Nice.

 

Wat hierdie briewe, naas die indrukke van die Mediterreense wêreld, so boeiend maak, is hoe Uys Krige te werk gaan om Afrikaans as medium vir homself te verower. Vir die tipe werk wat hy wou skryf, was daar haas geen voorlopers in Afrikaans nie. Prosaskrywers wat in dié jare deur kritici hoog geroem is, was met die weelderige woordoordaad vir hom nie navolgenswaardig nie. Daarom werk hy gereeld koerante en tydskrifte, wat sy vader weekliks aan hom stuur, intensief deur en maak hy lyste van woorde en idiome wat vir hom nuut is. "Woorde, woorde, gee my woorde!” roep hy in ’n brief aan sy broer Bokkie uit. As ’n mens hierdie briewe lees, kom jy onder die indruk van die erns waarmee Krige hom aan sy roeping as skrywer wy en gaandeweg ’n soepel styl ontwikkel. Die briewe is in Afrikaans ’n unieke dokument van ’n skrywer se vorming en sy bewuswording van die moontlikhede wat Afrikaans as medium vir hom bied.

 

Daarby kom ’n mens onder die indruk van Krige se natuurlike en prosa en besef ’n mens dat sy groot waarde as skrywer in die eerste plek in sy prosa lê, nie op die gebied van die poësie of die drama waarvoor hy bekroon is nie. Die publikasie van hierdie briewe sal derhalwe ’n belangrike byvoeging wees by die verhale en sketse wat ons reeds van hom het.

 

J.C. Kannemeyer



     Besoek ons blog



           Hemel & See Boeke sal jou kommentaar waardeer.