"Sy nuwe boek met sy briewe, Mits dese wil ek vir jou sê, bring soveel herinneringe aan ons
vriendskap wat nou al oor die dertig jaar strek. Welgedaan Petrovna Metelerkamp!!"
"Hoewel
veel gemaak word van hierdie of daardie boek of genre wat nie kán verkoop nie,
word moed en durf steeds aan die dag gelê soos met die uitreik van ’n keur uit
Hennie Aucamp se ¬briewe, Mits dese wil ek vir jou sê, wat ’n belangrike
byvoeging tot Afrikaans se kulturele geheue is.” – Willem de Vries – Die Burger
Briewe
is ’n ryke bydrae
Rapport 2013-04-06 23:22

Mits dese wil ek vir jou sê saamgestel deur Petrovna Metelerkamp.
Uitgewer: Hemel & See. Prys: R220
Daniel
Hugo
In
dié bundel briewe bewys Hennie Aucamp hom as dokumenteerder van die
sosiaal-kulturele verskynsels van ’n tydperk én as die "bestendiger” van ’n
bepaalde groep se geesteslewe, skryf Daniel Hugo.
Hennie Aucamp moet een van die laaste mense op aarde wees wat nog briewe met
die hand skryf, dit in ’n koevert sit, ’n seël opplak en pos. Ek sal maar die
volle waarheid verklap: Hy het nog nooit ’n tikmasjien of rekenaar besit nie en
het sy lewe lank staatgemaak op pen en papier.
Daarom was hy ook sy lewe lank afhanklik van tiksters. Sy ganse, ...
>> full