Welkom by die Hemel & See Boeke blog

Hemel & See Boeke sal jou kommentaar waardeer.

Gebruik gerus die vorm hieronder:


Hemel & See Boeke is in 2000 gestig met die doel om boeke van besondere gehalte te publiseer. Vandag geniet ons erkenning as een van die suksesvolle klein uitgewerye in Suid-Afrika. Die maatskappy is in Vermont gebaseer.





ALGEMEEN


MAY 16

Amanda Strydom oor Briewe van Hennie Aucamp

posted by Petrovna on May 16, 2013 8:12 as ALGEMEEN




"Sy nuwe boek met sy briewe, Mits dese wil ek vir jou sê, bring soveel herinneringe aan ons vriendskap wat nou al oor die dertig jaar strek. Welgedaan Petrovna Metelerkamp!!"

"Hoewel veel gemaak word van hierdie of daardie boek of genre wat nie kán verkoop nie, word moed en durf steeds aan die dag gelê soos met die uitreik van ’n keur uit Hennie Aucamp se ¬briewe, Mits dese wil ek vir jou sê, wat ’n belangrike byvoeging tot Afrikaans se kulturele geheue is.” – Willem de Vries – Die Burger

Briewe is ’n ryke bydrae


Rapport 2013-04-06 23:22

 


Mits dese wil ek vir jou sê saamgestel deur Petrovna Metelerkamp. Uitgewer: Hemel & See. Prys: R220


Daniel Hugo


In dié bundel briewe bewys Hennie Aucamp hom as dokumenteerder van die sosiaal-kulturele verskynsels van ’n tydperk én as die "bestendiger” van ’n bepaalde groep se geesteslewe, skryf Daniel Hugo

Hennie Aucamp moet een van die laaste mense op aarde wees wat nog briewe met die hand skryf, dit in ’n koevert sit, ’n seël opplak en pos. Ek sal maar die volle waarheid verklap: Hy het nog nooit ’n tikmasjien of rekenaar besit nie en het sy lewe lank staatgemaak op pen en papier. 






Daarom was hy ook sy lewe lank afhanklik van tiksters. Sy ganse, omvangryke oeuvre het so ...

>> full


comments (0)



MAR 12

Mits dese wil ek vir jou sê - Briewe van Hennie Aucamp

posted by Petrovna on March 12, 2013 15:33 as ALGEMEEN






Mits dese wil ek vir jou sê - Briewe van Hennie Aucamp

Willem de Vries van Die Burger het gister die gesprek van Daniel Hugo met Hennie Aucamp by die US Woordfees bygewoon. Hy skryf vandag oor die gespek in Die Burger:

Brieweboek word kulturele geheue
2013-03-09 07:00








Willem de Vries

STELLENBOSCH. - "Waarom skryf ek aan die pers? Omdat ek in die nag wakker gemaak word deur ’n stem, en ek uit die Bybel weet dat jy jou nagtelike stemme nie durf ignoreer nie. Ek staan op, meesal om drie in die nag, en skryf ’n brief aan die pers. In hierdie geval handel dit oor moedertaalverontregting in die Nuwe Suid-Afrika, en ’n nuwe Angli­seringsbeleid wat die vroeë Engelse bewindhebbers aan die Kaap na amateurs laat lyk.”

Bostaande aanhaling is ’n voetnoot by ’n brief in Mits dese wil ek vir jou ...

>> full


comments (0)



DEC 28

Ingrid Jonker - A Poet

posted by Petrovna on December 28, 2012 17:13 as ALGEMEEN




Ingrid Jonker - A Poet's Life

One of the most beautiful books to have appeared this year is the richly illustrated INGRID JONKER – A POET’S LIFE, by biographer Petrovna Metelerkamp. The cover design certainly deserves a prize! An art portrait of the poet is set against a background of beach and sea – the sea often being referred to as her ultimate lover – with one of Jonker’s well known poems written in her hand. The colour, with its tones of light against dark, sets the mood for a book that was clearly created with utmost care and dedication. More than 250 pages, large format, focusing on the well loved young poet who became a legend in her own lifetime.


comments (0)




1 - 5 of 5

Amanda Strydom oor Briewe van Hennie Aucamp

Kommentaar oor Briewe van Hennie Aucamp

Briewe is ’n ryke bydrae

Mits dese wil ek vir jou sê - Briewe van Hennie Aucamp

Ingrid Jonker - A Poet



ONLANGSE POS




ARGIEF


may 2013

april 2013

march 2013

december 2012



TOPICS


ALGEMEEN (5)



admin*