
Wat die hart van vol is, is bowenal die liefdesverklaring van 'n beeldende kunstenaar aan Afrikaans soos dit vloei uit al die sprekers se monde: verlange na die taal, verrukking oor die gespierdheid, aardsheid en vrypostigheid daarvan: verwondering oor die wortels en naelstringe van woorde; en ontdekking van die beelde wat geboorte gegee het aan woorde en idiome en segwyses.
Lees meer . . .