Bydrae van 'n leser:
Ek gee te min komplimente en aanbevelings. Hierdie boek, Dryfhout en Opdrifsels, van Mêrie Scheepers is egter te goed om oor stil te bly. As ek nie hierdie keer my mond oopmaak en vir mense sê: LEES HIERDIE BOEK nie, sal ek myself bitter swaar vergewe.
Dit het my geboei tot die punt waar ek nie saans kon wag om bed toe te gaan nie (dit is immers waar ek lees!), en ek het aanhou lees tot ek by die punt gekom het elke aand waar ek besef: ek kan nou nie eers die laaste sin onthou nie! Los maar tot môre... Die meeste boeke deesdae kom mens eers na 'n paragraaf of 3 agter jy is nie meer heel "daar" nie...
Onderwysers: LEES hierdie boek! Ons het almal ten minste EEN onderwyser wat 'n verskriklike goeie impak op ons lewens gemaak het. Besef weer - julle KAN 'n ...
>> full