Sjoe! – Ervarings van ’n leeftyd

Titel: Sjoe! – Ervarings van ’n leeftyd
Outeur: Petrovna Metelerkamp
Uitgewer: Hemel & See Boeke
Formaat: 160 x 230 mm, 290 bladsye 180 foto’s in QR-kodes
Omslag: Sagteband met flappe
Kategorie: Nie-fiksie
ISBN: 978-1-0370-5460-0

By jou deur afgelewer:

R300,00

Sjoe! – Ervarings van ’n leeftyd

Category

Petrovna Metelerkamp het geen bekendstelling nodig nie. Sy het jare lank vir tydskrifte soos Huisgenoot en Insig geskryf en in 2000 die uitgewery Hemel & See Boeke gestig. Petrovna het bekendheid verwerf met haar biografieë van Ingrid Jonker en Jeanne Goosen, en was ook verantwoordelik vir die publikasie van die brieweboeke van onder andere Audrey Blignault, Uys Krige en Hennie Aucamp, asook die memoires van bekendes soos Wilna Snyman, Fanus Rautenbach en Ollie Viljoen.

Met hierdie langverwagte boek deel Petrovna haar herinneringe, wat die geskiedenis van haar herkoms en haar persoonlike ervarings oor baie dekades insluit.