aafrikaanse boeke, hemel en see boeke, penstock publishing

BRIEWE VAN PETER BLUM

ISBN 978-0-620-42695-4

Briewe van Peter Blum bevat briewe wat die digter tussen 1955 en 1966 aan literêre persoonlikhede van sy tyd geskryf het – o a aan D J Opperman, W E G Louw, Van Wyk Louw, Ernst Lindenberg, Jan Rabie, Uys Krige, Barend Toerien.

R280,00

BRIEWE VAN PETER BLUM

Category

Peter Blum, digter van die bundels Steenbok tot poolsee (1955) en Enklaves van die lig (1958) het Suid-Afrika in 1960 verlaat.

As digter lei Blum, in teenstelling tot die meeste van sy tydgenoete wat blote epigone van Opperman is of sterk in die ban van sy digkuns verkeer, ‘n nuwe tradisie in die Afrikaanse poësie in en is hy die sterkste en selfstandigste nuwe digter van die vyftigterjare.
J. C. Kannemeyer