aafrikaanse boeke, hemel en see boeke, penstock publishing

Duisend-en-een nagte

Titel: Duisend-en-een nagte
Skrywer: Kader Abdolah, vertaal deur Wium van Zyl
Uitgewer: Hemel en See Boeke
Formaat: 160 mm wyd x 230 mm hoog, 414 bladsye
ISBN: 978-1-998958-92-4

R350,00

Duisend-en-een nagte

Category

Prof. Matilda Burden sê hieroor:
Die ontstaan en herkoms van die Duisend-en-een-nagte (ook bekend as Die Arabiese nagstories of Arabian Nights) kan teruggevoer word na ʼn geskrif wat in die 10de eeu reeds bestaan het en oor die eeue gegroei het en gewysig is deur talle vertellers en vertalers. Die boek het soos ʼn sneeubal gegroei en alles wat ingevoeg is, is as’t ware ingeforseer in die raamwerk van die verhaal van Sjeherazade wat 1001 nagte lank aan koning Sjahriar stories vertel het om haar lewe te red …

Tot op hede is slegs enkele verhale uit ʼn Duisend en een nagte in Afrikaans vertaal, en dan meestal verwerk tot kinderverhale, soos byvoorbeeld “Ali baba en die veertig rowers” en “Aladdin en die wonderlamp” (hoewel Aladdin nie ʼn Oosterse verhaal is nie, maar ʼn skepping en invoegsel van die Franse vertaler Antoine Galland). Dit is hoogtyd dat die Afrikaanse leser ook kennis maak met die rykdom en lewenswysheid van hierdie literêre werk wat deur die eeue so ʼn merkwaardige impak op wêreldliteratuur gemaak het …
Om ʼn wêreldberoemde geskrif soos hierdie in Afrikaans beskikbaar te hê, is net ʼn bate vir die Afrikaanse letterkunde en kultuurgeskiedenis.