aafrikaanse boeke, hemel en see boeke, penstock publishing
UITVOORKOOP

GENEES JOU TRAUMA MET DR. TESSA VAN WIJK

ISBN 978-0-620-45699-9

Saangestel deur Anita le Roux

Sagteband, 224 bladsye

GENEES JOU TRAUMA bied ‘n praktiese plan vir die leser om die pynlike gevolge van trauma te bowe te kom en dan voluit te kan lewe.

R190,00

UITVOORKOOP

GENEES JOU TRAUMA MET DR. TESSA VAN WIJK

Category

Dr. Tessa van Wijk is ‘n sielkundige wat reeds wyd bekend en geliefd geword het vir haar deurnagprogram oor traumaberading op Radio Sonder Grense. (Elke Donderdag middernag.) Ons as uitgewers glo hierdie boek is ‘n moet vir elke huis. Iets soos dr. Jan van Elfen se Babasorg. Dit is die eerste self-help program in Afrikaans vir die verwerking van enige trauma – van kaping, roof en moord tot siekte, verlore liefde, finansiële krisisse of egskeiding.

Dr. Tessa bied hier ‘n praktiese plan vir die stap-vir-stap genesing van die skok, pyn, vrees, angs, woede, hulpeloosheid, ontnugtering en die seer wat bly nadat trauma ervaar is.

“Dit is traumasalf vir die siel,” sê die TV-aanbieder en sanger, Coenie de Villiers.

“In van die donkerste tye in my lewe het dr. Tessa met deernis, humor – en bowenal professionele leiding – my oor ‘n tydperk van twee jaar weer soos ‘n méns laat voel. Nou kan meer mense deur dié boek van dr. Tessa se hulp gebruik maak. Gelukkig !

Mariëtta Kruger

As jy hierdie boek in jou hande het, is jy nou gereed om jouself te bevry van die pyn van trauma!

Dr. Tessa van Wijk