aafrikaanse boeke, hemel en see boeke, penstock publishing

HIER GAAT ONS

Titel: Hier gaat ons

Skrywer: Gerard Scholtz

Uitgewer: Hemel en See Boeke

Formaat: 160 mm wyd x 230 mm hoog, 304 bladsye

ISBN: 978-1-928283-24-9

R280,00

HIER GAAT ONS

Category

“Ek dink ek is met wiele onder my alie gebore,” sê Gerard, wat saam met sy vrou Anuta al bykans 60 000 km deur Europa, Afrika en die Ooste gery het – eers op fietse, later bromponies.

Hulle reis altyd met ’n doel of ’n tema: op die spore van Hitler se doodstreine van Pole tot in Oostenryk; na ouwêreldse kloosters dwarsoor Europa; met Napoleon se roete oor die Alpe; na lande soos Albanië, Hongarye, Bulgarye. Gerard beskryf ook die rampe wat hulle oorleef het.

’n Omvangryke en diepgaande reisboek wat nie maklik ’n gelyke in Afrikaans het nie – Etienne Britz

Dié reisindrukke word oordenkings oor menswees – Madri Victor

Elke reis is ’n ongewone ervaring wat nog nie só in Afrikaans verwoord is nie – Ria Barnard