Lees wat die mense sê wat Ingrid werklik geken het.
Gesprekke oor Ingrid Jonker bevat persoonlike herinneringe van haar suster Anna, haar psigiater en vriende soos Jan Rabie, Marjorie Wallace, W.A. de Klerk, Berta Smit, Uys Krige en André P. Brink.
Gesprekke wat dertig jaar gelede deur dr. L.M. van der Merwe, kliniese sielkundige, op band opgeneem is, is deur Petrovna Metelerkamp in boekvorm verwerk. Dit werp ‘n nuwe lig op die lewe en tragiese sterwe van die jong Ingrid Jonker.