aafrikaanse boeke, hemel en see boeke, penstock publishing
Sale!

’n BLYWENDE VREUGDE – BRIEWE VAN AUDREY BLIGNAULT

ISBN: 978-0-620-40576-8

Saamgestel deur Lynne Fourie en Marina Brink, met Petrovna Metelerkamp

Uitgewer: Hemel & See Boeke

Hardeband, 423 bladsye, 24 bladsye foto’s

Kategorie: Nie-fiksie

R140,00

’n BLYWENDE VREUGDE – BRIEWE VAN AUDREY BLIGNAULT

Category

Die een boek wat Audrey Blignault nié geskryf het nie, was haar lewensverhaal. In ‘n Blywende vreugde word die verloop van die skrywer se lewe tussen talle van haar briewe deur beskryf. Die meer as 200 briewe gee die leser ook intieme insae in die dinge wat vir Audrey Blignault belangrik is. Sy skryf aan haar naaste familie en aan vriende soos Hennie Aucamp, Elize Botha, Alba Bouwer, M.E.R. en Ernst van Heerden. Soos sy in haar briewe na vore kom, leer die leser haar vele fasette ken: die vriendin, die moeder, dogter, lewensmaat, pasiënt, die openbare figuur, die toeris, ouma, tante, die suster, radio-persoonlikheid, filosoof, gelowige – deurentyd die lewensgenieter en liefhebber van die woord, ook die stoute woord!