aafrikaanse boeke, hemel en see boeke, penstock publishing

’n LEWE VOL SINNE

ISBN 978-1-928283-39-3

’n Lewe Vol Sinne

Deur Petrovna Metelerkamp

R300,00

’n LEWE VOL SINNE

Category

’n Lewe vol sinne vertel die lewensverhaal van een van Afrikaans se mees geliefde skrywers. Die titel van haar gewilde roman Ons is nie almal so nie, het in die volksmond kom lê en ’n bekendheid geword, soos ook die titel van ’n Pawpaw vir my darling. So sal haar nuutste digbundel waarskynlik ook weerklank vind: Het jy geweet ek kan toor.

Benewens die biografie verskyn daar in hierdie band briewe wat Jeanne aan vriende geskryf het en ’n afdeling “Vriende vertel”, waarin herinneringe gedeel word deur Mimi Coertse, Sandra Prinsloo, Joan Hambidge, Katinka Heyns, Lizz Meiring en etlike ander bekendes.